Original Articles

The neutral reduced vowel, vowel epenthesis, and segholate formation in tiberian hebrew

DOI: 10.1080/10118063.1996.9724374
Author(s): AndriesW. CoetzeeDepartment of Classics and Semitics, ,
Keywords: ,

Abstract

Die neutrale gereduseerde vokaal, vokaalinvoeging en segolaatvorming in Tiberiese Hebreeus: Binne tradisionele generatiewe fonologie moet ten minste drie verskillende vokaalinvoegingsreels, wat ten minste vyf verskillende vokale invoeg, vir Tiberiese Hebreeus geformuleer word. In 'n ander artikel (Coetzee, 1996) is aangetoon dat die fonologie van Tiberiese Hebreeus aansienlik vereenvoudig kan word en dat dit in lyn met universele linguistiese neigings gebring kan word, as net een vokaalinvoegingsreël geformuleer word wat schwa invoeg in alle leë sillabiese nuclei. Dit veroorsaak egter 'n probleem vir die fonologie van Tiberiese Hebreeus, aangesien die ingevoegde vokaal nooit op fonetiese vlak as schwa realiseer nie. Nuwe reëls, wat later as die vokaalinvoegingsreël toegepas word, tnoet dus geformuleer word om die korrekte fonetiese realisasie van die ingevoegde schwa af te lei. Hierdie artikel is 'n voorstel vir hoe hierdie nuwe reëls geformuleer moet word en waar hulle in die afleidingsproses van Tiberiese Hebreeuse fonologie georden moet word. Eerstens word die kleurkenmerke van die neutrale gereduseerde vokaal van Tiberiese Hebreeus (d.i. die Tiberiese schwa) bepaal, aangesien dit die vokaal is wat deur die nuut voorgestelde invoeginsreëls ingevoeg word, en dus ook die vokaal wat verander moet word na die korrekte fonetiese realisasie. Tweedens word drie nuwe reëls (progressiewe assimilatoriese verlaging, schwa segolering, en schwa spesifikasie) geformuleer om die korrekte fonetiese realisasie van die ingevoegde schwa af te lei. Een bestaande reël, schwa kleurspesifikasie, word ook herformuleer ten einde hierdie doel te bereik. Ten slotte word hierdie nuut voorgestelde reëls georden ten opsigte van die ander reëls wat toegepas word in die afleiding van Tiberiese Hebreeuse woorde waar vokaalinvoeging plaasvind.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics