Original Articles
On the complex multi–verb initial in Afrikaans — an incorporation hypothesis
DOI:
10.1080/10118063.1997.9724109
Author(s):
Johan van NiekerkDepartment of Language Dynamics, Republic of South Africa,
Abstract
'n Verbreide, dog besondere, eienskap van natuurlike tale is dat hulle dikwels alternatiewe wyses toelaat om min of meer dieselfde ding te sŝ. Vreemd aan Kontinentale Wes-Germaanse tale, waaraan Afrikaans verwant is, is die komplekse multi-werkwoordelike konstruksie wat in die spilposisie in Afrikaanse hoofsinne optree: Hy laat die bal val; Hy laat val die bal. Verskynsels soos dié betekenisbehoudende morfosintaktiese alternasie is belangrik vir taalteorie hoofsaaklik omdat dit op die skeidingsvlak tussen die morfologie en sintaksis lê. Omdat hierdie unieke verskynsel eerder as 'n sintaktiese, in plaas van 'n leksikalistiese, aangeleentheid beskou word, word 'n inkorporasie-hipotese voorgestel wat gebaseer is op Baker se morfosintaktiese alternasiebenadering. Hierdie alternasie word beskou as 'n variant van Skuif Alpha wat op hoofde van toepassing is. Dus word die komplekse multi-werkwoordelike spilkonstruksie gesien as hoof-hoofverplasing. Dit onderskei werkwoordinkorporasie van gewone samestellings omdat verplasing/beweging by laasgenoemde ontbreek. Die teorie van Baker word voorts aangepas om die idee van ekskorporasie in te sluit. Dit word gedoen om verskillende tipes hoofhoofver-plasings te ondervang. Dit word onder andere gedoen om die sintaktiese beweging van komplekse werkwoordelike stringe in Afrikaans te verduidelik.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics