Original Articles
'N BEKENDSTELLING VAN DIE PROJEK: TAALGEBONDE VERSKUIWINGS TUSSEN AFRIKAANS EN ENGELS
DOI:
10.1080/10118063.1998.9724388
Author(s):
Ilse FeinauerDept. Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Hierdie artikel is 'n bekendstelling van 'n projek wat handel oor taalgebonde verskuiwings wat plaasvind tussen Afrikaans en Engels tydens vertaling. Wanneer daar tussen Afrikaans en Engels vertaal word, kan die proses tot 'n bale groot mate vormlik sowel as funksioneel naastenby kongruent geskied. Maar daar ontstaan egter ook gevalle waar daar noodwendig van die brontaal afgewyk moet word voordat die doeltaalstrukture grammatikaal en idiomaties aanvaarbaar is. Die term vir hierdie noodwendige afwyking is taalgebonde verskuiwing. Taalgebonde verskuiwing moet egter van interferensie onderskei word, waar laasgenoemde dui op die identiese oordrag van die brontaalvorm na die doeltaal, terwyl daar ter wille van die idiomatisiteit van die doeltaal 'n afwyking (taalgebonde veskuiwing) moes wees.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics