Original Articles

Queclaratives in xbosa: an acoustic analysis

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724399
Author(s): J. JonesResearch Unit for Experimental Phonology, South Africa, J. LouwResearch Unit for Experimental Phonology, South Africa, J.C. RouxResearch Unit for Experimental Phonology, South Africa,
Keywords: ,

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die akoestiese eienskappe van stellings in Xhosa wat sonder enige verskil in spelling as vrae geïnterpreteer kan word. Dié verskynsel is reeds vir verskeie wêreldtale bestudeer. In baie gevalle is die akoestiese leidrade of 'n uitdrukking 'n vraag of 'n stelling is ook perseptueel getoets. Dié tipe benadering wat beide akoesties en perseptueel georienteer is, is nog nie vir Xhosa gevolg nie. Hierdie artikel sal egter slegs fokus op die akoestiese analise. Die resultate van die akoestiese analise is gebruik om 'n reeks persepsietoetse op te stel wat in 'n opvolgartikel bespreek word. Impressionistiese oordele oor watter faktore stellings van vrae onderskei sluit woordduur, voorlaaste silla-beduur, artikulasie-tempo en toonregister in. Die resultate van die ondersoek het getoon dat baie van die impressionistiese bevindings inderdaad akoesties gerealiseer word. Hierdie artikel verskaf akoestiese bewyse wat die impressionistiese bewerings óf staaf óf weerspreek.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics