Original Articles
Xhosa: A tone or pitch–accent language?
DOI:
10.1080/10118063.1998.9724401
Author(s):
J.C. RouxResearch Unit for Experimental Phonology, South Africa,
Abstract
Die vraag of die Ngunitale eerder as 'n toon-aksent (“pitch-accent”) taal of as 'n toontaal benader en beskryf behoort te word, word in hierdie artikel aangespreek. 'n Toongebaseerde toon-aksent analise van Zulu naamwoorde word vergelyk met 'n suiwer toonanalise en daar word tot die gevolgtrekking gekom dat daar geen rede bestaan waarom die een tipe analise bo die ander verkies behoort te word nie, grotendeels op grond van 'n gebrek aan ondersteunende fonetiese gegewens. Aspekte van 'n metriese toon-aksentanalise van verba in Xhosa word beskou, sowel as die kritiek wat teen so 'n benadering ingebring kan word. Die twee hoofpunte van kritiek, nl. (i) dat Xhosasprekers nie bewus is van so-danige aksentplasing en (ii) dat daar geen fisiese bewyse is vir die toe-kenning van aksent in Xhosa nie, word ondersoek. Eksperimentele gegewens dui egter daarop dat daar inderdaad wel 'n moontlikheid bestaan om die tale as toon-aksenttale te beskou.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics