Original Articles

Die grammatika van die groteske: 'n linguistiese leesmodus

DOI: 10.1080/10118063.1999.9724528
Author(s): Jan BuscopDepartement Afrikaans, Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie artikel word gepoog om aan te toon in welke mate die groteske die matrys van 'n taalteorie vorm. Allereers is teoreties ondersoek ingestel na die wese van die groteske. Daar is bevind dat die vermenging van kontrasterende, paradoksale en skynbaar onverenigbare elemente die ontwykende kern van die groteske vorm. Op linguistiese vlak is hierdie nuwe grammatikaparadigma ook terugherlei na die vermenging van onverenigbares op fonologiese, morfologiese, sintaktiese en semantiese taalvlak. Die grammatika van die groteske manifesteer dus op alle taalvlakke; dit verontagsaam en brei konvensionele taalstrukture, waardes en norme uit. Met dié begronding van die grammatika van die groteske is die nodige terminologie gemunt, én is 'n linguistiese raamwerk gebied wat die leser in staat stel om die tekste van Breyten Breytenbach heuristies te ontsluit. Sódoende is die konvensionele linguistiek met die totstandkoming van die grammatika van die groteske verruim. Die grammatika van die groteske staan veral in die teken van taalmenging en dit stel die skrywer en die leser in staat om oor die grense van konvensionele taal te beweeg.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics