Original Articles
Document design
DOI:
10.1080/10118063.1999.9724542
Author(s):
Carel JansenKU Nijmegen, Faculty of Arts, Department of Business Communication, The Netherlands, Alfons MaesKU Nijmegen, Faculty of Arts, Department of Business Communication, The Netherlands,
Abstract
Die onderwerp van hierdie artikel is 'n redelik nuwe dissipline in die veld van taal en kommunikasie, naamlik teksontwerp. Enersyds is dit die strewe van teksontwerp om te voldoen aan die kommunikasiebehoeftes van indivi-due en organisasies in die samelewing van vandag; andersyds pas hierdie veld in by 'n nuwe beskouing oor taalopleiding en teksnavorsing wat gekenmerk word deur 'n noue verbintenis tussen teorie en praktyk, 'n hoe graad van interdissiplinêre samewerking en sosiale relevansie. Na die inlei-dende eerste deel, word in die tweede afdeling 'n kort motivering gegee vir die behoefte aan professioneel opgeleide teksontwerpers. In die derde afdeling word die sosiale relevansie van navorsing oor teksontwerp bespreek en geïllustreer aan die hand van die resultate van vroeë navorsing in Nederland oor die effektiwiteit van staatsvorms. Die vierde afdeling gee 'n oorsig van die spektrum kennis en vaardighede wat van die teksontwerper verwag word. Die vyfde afdeling word gewy aan die akademiese opleiding van pro-fessionele teksontwerpers: Hoe moet 'n akademiese opleiding in teksontwerp daar uitsien om sowel die akademiese as sosiale doelstellinge daarvan te verwesenlik? Die sesdc afdeling illustreer hoe teksontwerp gelei-delik besig is om sy pick vol te staan as 'n interdissiplinere wetenskaplike vakgebied met sy spesifieke navorsingsmetodes en doelstellinge.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics