Original Articles

Stergras (cynodon nlemfuensis harl.) in die oos‐kaap


Abstract

Die groei en produksie van stergras in die kusgebied noordoos van Oos‐Londen, asook die lewende massa toenames van ossies op sodanige weiding oor ‘n periode van vier jaar word bespreek. Die maksimum produksie van stergras geskied gedurende die tydperk Januarie tot einde Februarie waarna dit skerp daal. ‘n Lewende massa toename van 998 kg/ha is by ‘n optimum veelading van 9,06 tollies/ha verkry. Die berekende winsgewenste veelading is 7,83 tollies/ha met ‘n berekende lewende massa toename van 979 kg/ha. Die berekende wins/ha by die winsgewenste veelading is R155.

Get new issue alerts for Proceedings of the Annual Congresses of the Grassland Society of Southern Africa