Original Articles
NOORD-SOTHO PLANTTAKSONOMIE: N ETNOBIOLOGIESE PERSPEKTIEF
DOI:
10.1080/10118063.1996.9724367
Author(s):
L.J. LouwrensDepartement Afrikatale, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
In hierdie bydrae word aangetoon dat die strategies waarvolgens plante in Noord-Sotho benoem word, die Nomenklatoriese Prinsipe onderskryf wat volgens etnobioloë universeel geldig is. Daar word 'n isomorfte aangetoon tussen die posisie wat 'n plant in die volkstaksonomiese hiërargie beklee, enersyds, en die linguistiese kompleksiteit van die naam wat daaraan gegee word, andersyds. Hoe hoër 'n plant se posisie in die hiërargie [unieke beginner ← lewensvorm ← genus ← spesie ← variëteit] is, hoe meer basies is die linguistiese struktuur van die naam daarvan. Oënskynlike uitsonderings op hierdie reël word bespreek, in welke geval besondere aandag aan kultureel belangrike plante gegee word.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics