Original Articles
Categorization and compositionality: New thoughts on an old theme
DOI:
10.1080/10118063.1996.9724371
Author(s):
H.C. JanekeDepartment of Linguistics, Republic of South Africa,
Abstract
Hierdie artikel kontrasteer twee verskillende benaderings tot die aard van semantiese kategorieë, die klassieke en die kognitiewe sienings. Die begrip komposionatiteit, wat klassieke teoretici gebruik om (i) die leerbaarheid van taal, en (ii) die begrip en generering van komplekse sinne te verklaar, word dan bekend gestel. Daar word dan aangetoon dat die streng interpretasie van die komposionaliteitstesis problematies is in die lig van data wat voortvloei uil kognitiewe linguistiese navorsing, aangesien hierdie data eerder daarop dui dat die semantiese patrone onderliggend aan woord kombinasies dikwels konteks sensitief, dinamies en vloeibaar is. Die argument word dan ontwikkel dat alhoewel die streng vorm van die kompositionaliteitstesis problematies blyk, 'n ietwat swakker vorm van kompositionaliteit tog nodig is.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics