Original Articles

The representation of noun and verb polysemy

DOI: 10.1080/10118063.1996.9724370
Author(s): B.E. ZawadaDepartment of Linguistics, ,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie studie word verslag gedoen oor 'n empiriese ondersoek na naamwoord-en werkwoordpolisemie in Engels in 'n bepaalde konseptuele domein (geïnstansieer deur voorbeelde soos hammerN en hammerv , actN en actv ). Die volgende ‘sterk’ kognitiewe hipolese het die uitgangspunt vir die studie gevorm: daar bestaan nie 'n mentale leksikon in die vorm van 'n houer met houeragtige leksikale inskrywings waarin die linguistiese betekenis en grammatikale kategorieë van leksikale items gespesifiseer word nie, maar die betekenis en grammatikale kategorieë van leksikale items word afgelei op grond van ons algemene kennisbas'is en word vir elke taalgebruiksgeleentheid opnuut deur kognitiewe prosesse gekonstrueer. 'n Omvattende databasis is uit die Collins COBUILD English Dictionary saamgestel en in terme van die werks-hipotese ondersoek dat sprekers se algemene kennis in die vorm van gebeurtenisrame (“event frames”) gestruktureer is wat by elke taalgebruiksgeleentheid aangepas word deur metafoor, metonimie en die inleesparameter (“scanning parameter”). Daar is bevind dat hierdie hipoteses wel geldig is vir die ondersoekte data, maar dat omvattende verdere ondersoek nodig is. Dit het ook geblyk dat daar nie werklik sprake van rigting in die sogenaamde afleiding van hierdie tipe werkwoorde uit naamwoorde (ofundersom) is nie. Die rigting word eerder bepaal deur die volgorde waarin entiteite en gebeure in die tipiese gebeurtenisraam voorkom.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics