Original Articles

Meervoudsvorme in afrikaans: 25 jaar later

DOI: 10.1080/10118063.1996.9724378
Author(s): Daan WissingNavorsingseenheid vir Fonetiek en Fonologie en Dept. Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Sedert 1971, toe die eerste meervoudsreël vir die Afrikaanse simplekse selfstandige naamwoord in die klassieke generatiewe fonologie geskryf is, het die fonologie met rasse skrede vooruitgegaan. Een van die grootste veranderinge wat plaasgevind het, is dat die lineere aard van die klassieke generatiewe fonologie plek moes maak vir 'n nonlineere, weliswaar steeds generatiewe fonologie. Daarmee samehangend is die meer abstrakte konstruk groep (Eng. “cluster”) vervang met die meer natuurlike sillabe, wat ook 'n sentrale rol speel in die metriese fonologie, een van die deelgebiede van die nonlineêre fonologie. In die leksikale fonologie word die interafhanklikheid van die morfologie en die fonologie op 'n opwindende wyse geëksplisiteer. Hierdie ontwikkelinge laat nie net die moontlikheid oop om beskrywings van tipies morfonologiese verskynsels, soos meervoudsvorming, opnuut te bekyk nie, maar noodsaak dit ook. In Wissing (1971) is verkleinings- en meervoudsvorming (morfologiese prosesse), wat beide verwys na klemtoon ('n fonologiese kwessie), beskryf en die SPE-teorie is op grond daarvan geëvalueer. In hierdie bydrae word meervoudsvorming, as verteenwoordigend van hierdie verskynsels, vanuit die nonlineêre generatiewe fonologie benader, met klem op die metriese, maar veral die leksikale fonologie. Die superioriteit van laasgenoemde word uitgewys, maar daar word ook enkele problematiese aspekte daarvan aangetoon.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics