Original Articles

FONOLOGIESE EN MORFOLOGIESE INTERAKSIE IN AFRIKAANS

DOI: 10.1080/10118063.1996.9724379
Author(s): Johan LubbeDepartement Algemene Taalwetenskap, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Die leksikale fonologie (LP) is 'n betekenisvolle ontwikkeling in die generatiewe fonologie met belangrike implikasies ook vir die morfologie. Dit is naamlik 'n feit dat bale fonologiese reels en morfologiese woordvormingsreëls met mekaar interakteer. In twee vorige bydraes is onderskeidelik die opkoms van die LP geskets, en die organisasie van die Afrikaanse leksikon nagegaan. Daar is twee vlakke onderskei. In hierdie bydrae word die interaksie tussen enkele fonologiese en morfologiese prosesse in Afrikaans beskryf. Daar word tussen vokaliese en konsonantiese bewerkinge onderskei.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics