Original Articles
DIE LAASTE FONOLOGIESE REËL?
DOI:
10.1080/10118063.1996.9724381
Author(s):
AnnaE. CoetzeeDepartement Afrikaans, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Met die opkoms van kognitiewe fonologiese teorieë, gebaseer op die connectionist of parallel distributed processing (PDP) of neurale-netwerk-modelle is die tradisionele generatiewe fonologie se konsepte soos representasies, reëls, siklusse en vlakke bevraagteken. Hierdie neurale-netwerkmodelle lyk aantreklik omdat hulle 'n neuraal-agtige analogiese ontwerp vir die nabootsing van kognitiewe sisteme bied. In die tussentyd is generatiewe fonologiese teorieë verfyn en die leksikale fonologie is o.a. voorgestel. Omdat die analogiese connectionist beskrywings van die tagtigs en negentigs en die latere kognitiewe fonologie van die negentigs nog nie hier te lande in beskrywings gebruiik is nie, word 'n voorlopige oorsig van hierdie nuwe modelle hier gegee. Die basiese verskille tussen die tradisionele Chomskyaanse konsepte en die wat op connectionism gebaseer is, word uitgelig. Dit behels die evaluasiemaatstaf, analogic versus eksplisiete reëls, ekonomie in die leksikon, kreatiwiteit en produktiwiteit, taalvermoë, vlakke, afleidings en leerbaarheid. Daar word tot 'n slotsom gekom oor die moontlike naasbestaan van hierdie twee uiteenlopende fonologiese modelle.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics