Original Articles

Phonetic motivation for phonological processes: Labiodental assimilations in xhosa

DOI: 10.1080/10118063.1996.9724380
Author(s): J.C. RouxResearch Unit for Experimental Phonology, , B.N. NtlabezoResearch Unit for Experimental Phonology, ,
Keywords: ,

Abstract

Hierdie artikel fokus op die verhouding tussen fonetiek en fonologie deur die verskynsel van homorgane nasaalassimilasie met labiodentale frikatiewe aan te spreek. Dit word aangetoon dat die klassieke versie van distinktiewe kenmerkteorie nie sodanige proses kan verantwoord sonder om van ad hoc kenmerke gebruik te maak nie. 'n Siening dat bepaalde morfeme die proses van homorgane labiodentale nasaalassimilasie in Xhosa blokeer en/of bevorder word ondersoek aan die hand van twee eksperimente op fonetiese vlak. Dit word aangetoon dat die voorafgaande vokaal as sodanig 'n bepaalde rol vervul in die proses van homorgane labiodentale assimilasie in Xhosa.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics