Original Articles
Pronominale verwysing na inanimata in Afrikaans
DOI:
10.1080/10118063.1997.9724101
Abstract
Daar is tans 'n verdringingstryd aan die gang tussen dit en hy/hom as vervangende of anaforiese voornaamwoorde by inanimata. Die gebruik van sy vir hierdie doel kom baie selde voor. In die verlede het verskeie taalkundiges al voorspel dat dit baie gou deur hy vervang sal word, maar hoewel die konkurensie al lank voortduur, is daar nog geen tekens daarvan dat enigeen van die voornaamwoorde die ander op 'n bepaalde terrein verdring het nie. Beide is dus nuttig in bepaalde gebruiksfere. Verskeie faktore speel 'n rol by die keuse tussen hierdie voornaamwoorde. Die stryd tussen hierdie voornaamwoorde sal waarskynlik nog lank voortduur. Aan die een kant is daar 'n spesifieke neiging om hy/hom te gebruik omdat dit 'n hoogs polisemiese voornaamwoord is, maar aan die ander kant is feminisme besig om wal te gooi teen die gebruik van die manlike voornaamwoord hy.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics