Original Articles
He gets the problem solved—oor die funksionele grammatikalisasie van get en kry in Engels en Afrikaans
DOI:
10.1080/10118063.1997.9724100
Author(s):
László MolnárfiDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Hierdie artikel behels 'n sinchroniese ondersoek na voltooide deelwoord-konstruksies met get en kry (byvoorbeeld He gets the problem solved; Hy kry die probleem opgelos; He gets killed; Hy kry geslaap) in moderne Engels en Afrikaans. Die ver-houding tussen die betrokke konstruksies word binne 'n generatiewe raamwerk onder die loep geneem met besondere aandag aan hul sintakties-semantiese struktuureienskappe asook hul auksiliarisasie- en grammatikalisasie-eienskappe. Daar word aangetoon dat, ten spyte van bepaalde oppervlakkige strukturele ooreenkomste tussen transitiewe get en kry in He gets the problem solved; Hy kry die probleem opgelos (beide kan geanaliseer word as kousatiewe matrikswerkwoorde met 'n verpligte small-clause-komplement) daar opvallende verskille in hulle intransitiewe gebruik is (He gets killed; Hy kry geslaap). Hierdie verskille kan verklaar word deur auksiliarisasie- en grammatikalisasie-prosesse en deur paradigmatiese eienaardighede van die passiefsisteem in Engels en Afrikaans. Daar word geargumenteer dat grammatikalisasie altyd 'n primêr funksionele proses is en dat die bestaan van 'n indirekte objek-passief in Afrikaans tot die modalisasie van kry gelei het terwyl die aspektuele meerduidigheid van die be-passief vir die ontstaan van die get-passief in Engels verantwoordelik is. In die lig hiervan, en in navolging van Molnárfi, word die intransitiewe kry as 'n modale semi-hulpwerkwoord geanaliseer, terwyl aan get die status van 'n dinamiese passief-hulpwerkwoord toegeken word.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics