Original Articles

Leksikale aspek en temporele spesifikasie

DOI: 10.1080/10118063.1997.9724115
Author(s): Johan van NiekerkDepartement Taaldinamika, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie artikel word 'n bepaalde semantiese verhouding binne die predikaat beskryf—'n verhouding temporeel van aard en een wat geld tussen temporele spesifiseerders en dié soort situasie wat deur hoofwerkwoorde benoem word. Leksikale aspek verwys na dié deel van die kernwerkwoord se betekenis wat regstreeks verband hou met tydsfaktore soos duur, punk-tualiteit, herhaling, frekwensie en toestand. Op grond van hierdie primêre tydsaspekte word kernwerkwoorde gekategori-seer in twee breë kategorieë: werkwoorde wat inherent dui op (a) dinamiese en (b) statiese situasies met dinamiese situasies wat verder dui op duratiewe of nie-duratiewe gebeure. Duratiewe gebeure word weerspieël in aktiwiteitswerkwoorde (te-lies/atelies), proseswerkwoorde en privaatwerkwoorde van liggaamsensasie; nie-duratiewe gebeure in prestasie, momen-tane en performatiewe werkwoorde. Temporele spesifiseerders verwys hoofsaaklik na tydsadjunkte en die term wat gebruik word om die verhouding tussen leksikale aspek en temporele spesifiseerders te tipeer, is temporele spesifikasie.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics