Original Articles

Afrikaans in die hof: die vraagvorm as verskuilde agenda

DOI: 10.1080/10118063.1997.9724114
Author(s): Gert van JaarsveldDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika, Angelique van NiekerkDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Kommunikasie in die hof verskil op verskeie maniere van ander kommunikasiestyle, byvoorbeeld toesprake of gewone ge-sprekke. In 'n eentalige hofsituasie kan die volgende gespreksdeelnemers geïdentifiseer word: die regter/landdros, die be-skuldigde, getuie(s) en die prokureurs/advokate (ondervraers). Wanneer die situasie meertalig is, kom ook nog die tolk by as tussenganger tussen die ondervraers en die ondervraagdes. Die ondervraers van die getuie(s)/beskuldigdes het totaal ver-skillende intensies; die advokaat/prokureur probeer naamlik die beskuldigde se onskuld bewys en die aanklaer probeer die beskuldigde se skuld bewys. Beide partye poog om 'n derde party, naamlik die regter of landdros (hof), van 'n bepaalde standpunt te oortuig en in dié sin is daar sprake van derdepartyoorreding. Die tolk is dus in diens van meer as een kliënt binne 'n komplekse kommunikasiesituasie. Argumente sal aangevoer word vir die noodsaaklikheid om 'n taalbewustheid te skep by tolke vir die gesprekstrategieë wat in die hof aan die bod kom. Dit is die doel van die artikel om antwoorde te vind op die volgende vrae: Van watter gesprekstrategieë word daar in hofondervraging gebruik gemaak? Hoe verskil die ge-spreksreëls vir hofkommunikasie van dié van gewone gesprekke? Wat is die pragmatiese vereistes van effektiewe tolkwerk binne die hof?

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics