Original Articles
Aard en leksikografiese bantering van sogenaamde geslagtelik neutrale lede van Afrikaanse geslagsopposisiepare
DOI:
10.1080/10118063.1997.9724119
Author(s):
HermanL. BeyerDepartement Germaanse en Romaanse Tale, Namibië,
Abstract
'n Semantiese verhouding van geslagsopposisie bestaan tussen leksikale items soos baron en barones, aangesien die lek-sikale items vir 'n bepaalde betekeniswaarde in die eerste plek ten opsigte van die semantiese kenmerk [GESLAG] verskil. In die afwesigheid van 'n beskrywing van geslagsopposisie vir Afrikaans, word dié semantiese verhouding verken. Daar word gekonsentreer op geslagsopposisiepare waarvan die een lid as geslagtelik neutraal beskou word, byvoorbeeld onderwyser [±MANLIK] teenoor onderwyseres [+VROULIK]. Die onderliggende betekenisrelasies van hierdie soort geslagsopposisiepare, wat nie op morfologiese of leksikale vlak weerspieël word nie, word blootgelê. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die siening dat 'n geslagsopposisiepaar 'n geslagtelik neutrale lid kan bevat nie houdbaar is nie: geslagsopposisiepare bestaan naamlik slegs uit [+MANLIK]-gemerkte lede teenoor [+VROULIK]-gemerkte lede, terwyl korresponderende geslagtelik neutrale items in 'n verhouding van hiponimie as superordinate tot die lede van die geslagsopposisiepare funksioneer. Die verklarende woordeboek, as houer van taalkundige inligting, moet ook hierdie betekenis-verhoudinge weergee. Gevolglik word voorstelle gemaak vir die leksikografiese bewerking van die betrokke leksikale items.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics