Original Articles

Afrikaanse graptekste en raaisels: 'n taalkundige verkenning

DOI: 10.1080/10118063.1997.9724120
Author(s): Barbara BoschDepartement Afrikaans en Neerlandistiek, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Ten spyte van die veelfasettige rol wat taal speel in die skep van humor, is die verhouding wat tussen taal en humor bestaan nog nie volledig nagevors nie. In hierdie artikel word 'n versameling Afrikaanse graptekste vanuit 'n taalkundige per-spektief ondersoek om die tipiese taalkundige eienskappe van graptekste te probeer identifiseer. Die kenmerkende struktu-rele eienskappe en stylaard van graptekste, die gespreksreëls wat ten opsigte van graptekste geld, die bindingsmeganismes wat in graptekste aangetref word en linguistiese meerduidighede en ongerymdhede in graptekste word onder die loep ge-neem.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics