Original Articles
Motivering vir die saamstel van 'n veeltalige verklarende chemiewoordeboek
DOI:
10.1080/10118063.1998.9724126
Author(s):
Adelia CarstensDepartment of Afrikaans, Republic of South Africa,
Abstract
Die ontwikkeling van menslike potensiaal en die aktiewe bevordering van wetenskap en tegnologie tel onder die prioriteite van die huidige Suid-Afrikaanse regering. Die hoë druipsyfer in wetenskap aan die einde van die twaalfde skooljaar bied egter rede tot kommer. Die oortuiging is dat hierdie situasie slegs omgekeer kan word indien toegang tot die vakgebied verleen word deur toepaslike onderwys- en opleidingsprogramme. Ondersoeke wat deur sowel plaaslike as oorsese navorsers uit-gevoer is, dui daarop dat moedertaalonderrig een van die maniere is waarop toegang tot leerinhoude verkry kan word. Aangesien moedertaalonderrig op sekondere en tersiere vlak tans nie vir sprekers van Afrikatale beskikbaar is nie, moet kompromie-oplossings gevind word. Een van die leerhulpmiddele wat beskikbaar gestel kan word, is veeltalige verklarende vakwoordeboeke. Deur sowel linguistiese as ensiklopediese inligting in Engels, Afrikaans en twee of meer van die Afrikatale aan te bied, kan die konsepte van die vakgebied toeganklik gemaak word, sowel deur middel van die breër kommunikasieta(a)l(e) as deur middel van die moedertaal van die student of leerling. Hoewel ter-minograwe, taalkundiges en vakkundiges noodwendig 'n belangrike rol sal speel in die saamstel van sodanige woordeboeke, sal die inhoud en struktuur daarvan bepaal moet word op grand van die behoeftes van die teikengroep, hulle linguistiese en ensiklopediese vaardigheid en die tipes tekste wat van hulle verwag word om te enkodeer en/of te dekodeer. Daar wag uiteraard probleme en potensiële slaggate op die leksikograwe en vakkundiges wat projekte van hierdie aard aanpak; tog het voorlopige werk in verband met die Viertalige Verklarende Chemiewoordeboek (Quadralingual Explanatory Dictionary of Chemistry) reeds bewys dat hierdie ideaal nie onbereikbaar is nie. Die samestellers glo dat die suksesvolle afhandeling van die projek, tesame met gunstige ontvangs van die woordeboek deur die teikengebruikers, die hipoteses sal ondersteun wat as vertrekpunte vir die projek gedien het.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics