Original Articles

'n Teoretiese aanloop tot taalgesindheidsbeplanning in Suid-Afrika

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724129
Author(s): Marlene VerhoefDepartement Tale, Vaaldriehoekkampus, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Hoewel die taalartikels in die grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996) meertaligheid nastreef, kom dit voor of daar algemene instemming ten opsigte van die toenemende tendens tot eentaligheid in die land bestaan. 'n Vlugtige verkenning van heersende taalhoudings in die land gee oorvloedige bewys dat individue vanuit alle samelewingsver-bande hoe langer hoe meer voorkeur verleen aan die gebruik van Engels as werks- en administrasietaal. Een van die basiese vettrekpunte van hierdie artikel is dat negatiewe taalgesindhede teenoor meertaligheid belemmerend inwerk op die maksi-male implementering van die meertalige taalbeleid soos dit in die Grondwet vervat is. Daarom moet spesifieke taalgesindheidsbeplanning 'n primêre taalbeplanningsfokus in die nuwe politieke bedeling vorm. Die doel met hierdie artikel is om die teoretiese sosio-psigologiese beginsels aan die hand waarvan gesindheidsverandering bewerk kan word, spesifiek van toepassing te maak op die taalstatus-beplanningsveld. In dié bespreking word aandag gegee aan die verhouding tussen die begrippe gesindhede, oortuigings- en gedragspatrone. Die artikel word afgesluit met 'n geïntegreerde model wat belang-rike riglyne bevat aan die hand waarvan taalgesindheidsbeplanning vir Suid-Afrika gedoen kan word.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics