Original Articles
Taal en identiteitskrisis, en die alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging
DOI:
10.1080/10118063.1998.9724128
Author(s):
Mariana KrielDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
Op die basis van 'n vergelyking met die alternatiewe Afrikaanse beweging wat ongeveer dieselfde tyd in onderwyskringe ontstaan het, word die alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging van die laat tagtigerjare in hierdie artikel vanuit 'n sosiolinguistiese perspektief beskryf. Die argument is dat 'n taalgebaseerde kulturele identiteitskrisis soortgelyk aan die een wat tot die pedagogiese alternatiewe Afrikaanse beweging aanleiding gegee het een van die faktore was wat tot die opkoms van die alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging gelei het. Afgesien daarvan dat alternatiewe Afrikaanse musiek vermaak en artistieke uitdrukking wou wees, was hierdie protesmusiek “n beweging ter bevordering van ‘n politieke…ideaal’, maar ook en veral 'n poging om die identiteitskrisis van die nie-nasionalistiese histories bevoor-deelde (wit) Afrikaanssprekende op te los deur Afrikaneridentiteit (wat tegelyk die simboolwaarde van standaard-afrikaans is) positief te herdefinieer: (a) deur die gebruik van Afrikaans; (b) deur die gebruik van talige erfgoed; en (c) deur die hertoeéiening van die benamings ‘Boer’ en ‘(alternatiewe) Afrikaner’. In die lirieke vind die oënskynlike paradoksale assosiasie met en distansiering van Afrikanerskap neerslag in Afrikaans-Engelse kodewisseling wat funk-sioneel is deurdat dit: (a) 'n distansiering van Standaardafrikaans is; (b) 'n ideologiese standpuntinname is; en (c) die artikulering van 'n komplekse identiteit (Afrikaner, Suid-Afrikaner, Afrikaan, wêreldburger) is.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics