Original Articles

Tempusgebruik in Afrikaanse narratiewe

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724133
Author(s): C., Jac ConradieDepartement Afrikaans, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Labov se model vir narratiewe ontleding is op verskeie Afrikaanse narratiewe tekste toegepas ten einde teksvoorkeure vir die verskillende onderdele van die narratief te bepaal. Die verdwyning van die preteritum—die narratiewe tempus by uitne-mendheid—in vroeë Afrikaans het die taal met twee basiese tempuskategorieë gelaat: die ongemarkeerde presens en 'n ge—markeerde verlede tyd wat uit die perfektum en restante van die preteritum van die werkwoord wees (was)en 'n paar modale hulpwerkwoorde bestaan. Daar is gevind dat terwyl sekere (veral mondelinge) vertellers die presens verkies, daa? tog sekere prosaskrywers is wat 'n voorkeur vir verledetydsvorme het. Die twee tempora word egter dikwels kontrastief ge-bruik. Die kontras kan oor die algemeen met agtergrond—en voorgrondstelling in verband gebring word, maar die presens is—met verwysing na Labov se kategorieë—meer spesifiek die voorkeurtempus in die narratiewe modus en word in die besonder vir Verwikkelings gebruik asook vir aspekte van Oriëntasie en Resultaat, terwyl die voorkeur in die metanarra-tiewe modus na die kombinasie perfektum/preteritum uitgaan, wat gebruik word vir die Tema, Evaluasie en Koda, sowel as vir aspekte van Oriëntasie en Resultaat.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics