Original Articles
Anaforiese alternatiewe vir die menslike generiese betreklike konstruksie
DOI:
10.1080/10118063.1998.9724135
Author(s):
J. du Toit-LibertyDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
In hierdie artikel word daar gefokus op die linguistiese verskynsel die menslike generiese betreklike konstruksie (MGBK) en die invloed wat sosiale kragte op die keuse van MGBK-variante het. Met behulp van die MGBK word gepoog om vas te stel in hoe 'n mate spesifieke variantkeuses: (a) bevestigend inwerk op manlike dominansie en marginalisering van die vrou; (b) bydra tot die prominentmaking van die vrou en verskansing van die man; en (c) normverplasing in die hand werk. Die MGBK word sintakties met die gewone menslike generiese naamwoordstuk vergelyk, maar verskil van die gewone menslike generiese naamwoordstuk in dié opsig dat die betreklike by sin as 'n integrale onderdeel van die MGBK beskou word. Dus slan die MGBK nie soos in die geval van die gewone menslike generiese naamwoordstuk op die mens(e) oor die algemeen nie, maar op die mens(e) soos gekwalifiseer deur die betreklike bysin. Verskeie subjektiewe of objektiewe faktore kan 'n bepalende rol speel in die keuse van die MGBk-variant. Die gebruik van spesifieke opsies berus op die spreker of skrywer se voorkeur en dit hang weer saam met die sosiale konteks waarin die uiting voorkom. In die keuse van die MGBK-variante kan magsverhoudinge geïllustreer word en/of dit kan gelees word as 'n respons op vorige uitings of kontekste en/of spesifieke waarde-oordele kan uitgespreek word. Hierdie navorsing het bevestig dat normverplasing verband hou met sosiale verandering en het onder andere aangetoon dat 'n groeiende gendersensitiwiteit by taalgebruikers besig is om: (i) manlike dominante taalgebruik uit te rangeer; (ii) toenemend geslagsneutrale terminologie aan te moedig; en (iii) alternatiewe generiese enkoderingsopsies wat prominensie aan die vrou verleen, aan te moedig.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics