Original Articles
Die Afrikaanse medewerkwoorde, familieverwantskappe en grammatikalisering
DOI:
10.1080/10118063.1998.9724140
Author(s):
Adelia CarstensDepartement Afrikaans, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
In hierdie artikel word beweer dat Afrikaanse medewerkwoorde nie bevredigend deur die Klassieke teorie van katego-risering verantwoord word nie. In aansluiting by nondiskrete benaderings deur Afrikaanse sintaktici en beskouings oor grammatikalisering binne die Kognitiewe Linguistiek word die hipotese gestel dat Afrikaanse medewerkwoorde 'n kategorie vorm wat op familieverwantskappe berus. Besondere aandag word gegee aan morfosintaktiese reduksie en semantiese verskuiwing. Eersgenoemde blyk te strek vanaf hoofwerkwoord tot skakelwerkwoord tot modale hulp-werkwoord tot gebonde morfeem, en laasgenoemde het te doen met metaforisering, oftewel verskuiwing vanaf meer konkrete konseptuele domeine na meer abstrakte domeine soos tyd, aspek, modaliteit en kousaliteit.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics