Original Articles

Linguistic description in the service of history

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724141
Author(s): K.M. LuckettTertiary Education Studies Unit, Republic of South Africa, J.K. ChickDepartment of Linguistics, Republic of South Africa,
Keywords: ,

Abstract

In die lig van die ernstige besnoeiings in die staatsfinansiering aan universiteite, sal daar waarskynlik toenemend van linguiste verwag word om hulle bestaan te regverdig. As reaksie hierop verduidelik hierdie artikel die waarde van analitiese kundighede en insigte in taal wat deur 'n linguistiese studie teweeggebring word. Daar word gewys hoe dis-koersanalise, in die lig van funksionele sistemiese grammatika, gebruik is in 'n kurrikulum- ontwikkelingsprojek in 'n geskiedenisdepartement aan 'n universiteit. Die linguiste en historici wat saamgewerk het aan hierdie projek het van die veronderstelling uitgegaan dat 'n post-positivistiese benadering tot historiese studie, wat geskiedenis as 'n diskur-siewe praktyk sien, die gewenste benadering is. Hulle het tot die slotsom gekom dat historici 'n metode van diskoers-analise benodig om geskiedenis te beoefen. Die taak van die linguiste was om 'n metode van analise te identifiseer wat dit kon bewerkstellig, en om voor te stel hoe dit toeganklik gemaak kon word vir studente in geskiedenis wat nie oor 'n lingustiek-agtergrond beskik nie. Die artikel ondersoek die potensiaal van kritiese diskoersanalise om hierdie behoefte aan te spreek. Dit doen verslag oor sommige van die bevindings van 'n kritiese analise van een van die vier historiese tekste waarop gefokus is. Voorbeelde van taalbewustheidsoefeninge wat op hierdie bevindings berus en wat ontwerp is om geskiedenisstudente te help om tekste te dekonstrueer, word gegee. Laastens word verslag gelewer oor die reaksies van historici op hulle ervaring van die gebruik van hierdie metode, en word daar gespekuleer oor die moontlikheid om 'n soortgelyke benadering tot kurrikulumontwikkeling in ander dissiplines te gebruik.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics