Original Articles

Mediate en ergatiewe konstruksies—'n konstruksionistiese benadering

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724143
Author(s): Johan van NiekerkDepartement Taaldinamika, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie artikel word gefokus op die verband tussen twee konstruksies wat op die oog af identies struktureer—konstruksies waarvan die naamwoord in die onderwerpsposisie nie die agent is nie, maar die tema van die werkwoord: Die ys smelt (1)/Die skoene dra lekker (2). Daar word 'n definitiewe onderskeid gemaak tussen ergatiewe (1) en mediale (2) konstruksies. Die aanname geld dat mediale konstruksies in die sintaksis afgelei word, terwyl ergatiewe konstruksies in die leksikon afleibaar is. Dus, mediale alternante word gegenereer deur 'n sintaktiese reël Skuif X en is daarom” transitief in die leksikon. Ergatiewe alternante word gegenereer deur 'n leksikale reël Skuif X en het daarom beide 'n transitiewe én intransitiewe vorm in die leksikon.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics