Original Articles
Teoretiese uitgangspunte oor taalverandering: 'n dichotomie
DOI:
10.1080/10118063.1998.9724142
Author(s):
H.P. GrebeDepartement Afrikaans, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
In hierdie artikel word die teoretiese uitgangspunte oor taalverandering in twee hoofbenaderingswyses verdeel. Hierdie twee benaderings word onderskeidelik die Niekonteksgevoelige Sisteemgerigte Benadering en die Konteksgevoelige Variasiebenadering genoem. Die hoofaksiomas en teoretiese uitgangspunte van elk van hierdie benaderinge word in hierdie artikel ontleed. Klem word veral gelê op daardie aspekte wat lig gewerp het op die aard van en die kragte agter taalverandering. Die positiewe aspekte, asook daardie aspekte van taalverandering wat geen aandag gekry het nie, word uitgewys. So word daar aangetoon dat die Niekonteksgevoelige Sisteemgerigte Benadering die klem slegs laat val op die sistematiese aard van taalverandering. En, terwyl hierdie sistematiese aard van taal en taalverandering nie ontken kan word nie, is dit dikwels linguistiese heterogeniteit wat die bron is waaruit taalverandering voortkom. Hierdie bron word op sy beurt natuurlik deur sosiale toestande en gebeurlikhede gevoed. Om taalverandering ten voile te begryp, moet dus van sowel die strukturele as die sosiale konteks waarbinne hierdie sisteem funksioneer, rekenskap ge-gee word.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics