Original Articles

Die onderskikker dat: 'n korpus-gebaseerde bespreking (Deel 1)

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724148
Author(s): Barbara BoschDepartement Linguistiek en Engelse Taalkunde, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie eerste van twee artikels oor die onderskikker dat word aspekte van die gebruik van dat in Afrikaans ondersoek. 'n Algemene bespreking van dat word aangebied en die gebruik van dat-inkorporasies in die subjeksfunksie in samegestelde sinne met 'n koppelwerkwoord in die dominante groep (dit is Tipe B-sinne), asook sinne met 'n hoofwerkwoord in die dominante groep wat deur 'n objek gevolg word (dit is Tipe C-sinne), word in diepte ondersoek. Ten slotte word enkele ‘problematiese’ dat-subjeksinkorporasies bespreek.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics