Original Articles

Pragmatiese merkers: die verwaarloosde rededeel

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724149
Author(s): P.S. de BruynDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Die aard en die funksies van pragmatiese merkers is nog nie deeglik ondersoek nie. Literatuur oor die onderwerp maak van 'n verskeidenheid terme gebruik om dieselfde saak te beskryf. 'n Belangrike funksie van pragmatiese merkers is om die onderdele van diskoerse op verskeie maniere te verbind, afhangend van die bepaalde omstandighede. Pragmatiese merkers wat hoofsaaklik hierdie funksie vervul, word as ‘diskoersmerkers’ geklassifiseer. 'n Ander belangrike funksie wat pragmatiese merkers het, is om as middel te dien waarmee die taalgebruiker te kenne gee wat sy gesindheid, gevoel of emosie is oor die proposisionele inhoud van die uiting wat gemaak word. Die pragmatiese merkers wat hoofsaaklik hierdie funksie het, word onder die hoof ‘tussenwerpsels’ bespreek. Pragmatiese merkers is vir hulle interpretasie afhanklik van die kon-teks waarin dit voorkom en is daarom multifunksioneel.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics