Original Articles

Retoriese vrae, 'n begripsverkenning

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724151
Author(s): Truida van der MerweDepartement Afrikaans en Nederlands, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Hierdie artikel handel oor die onderskeidende kenmerke en klassifikasiebeginsels van retoriese vrae. Die algemene opvat-ting is dat retoriese vrae van gewone vrae verskil in dié opsig dat daar nie informasie verlang word op die vrae nie en dat dit eintlik nie as vrae funksioneer nie, maar as verbloemde stellings. As hierdie kenmerke as kriteria aangelê word om retoriese vrae van ander soortgelyke konstruksies te onderskei, duik daar egter probleme op. Daar is byvoorbeeld ook ander tipes vrae waarop geen antwoorde verwag word nie en ook retoriese vrae wat nie stelsinekwivalente het nie.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics