Original Articles
AFRIKAANS, MEERTALIGHEID EN DIE ROL VAN DIE UNIVERSITEIT
DOI:
10.1080/10118063.1998.9724395
Abstract
Die Suid-Afrikaanse Grondwet verklaar dat Suid-Afrika elfamptelike tale het en dat almal gelyke aansien moet geniet en gelykberegtig moet word. Die doel van die Grondwet is egter nie Moot meertaligheid in Suid-Afrika nie, maar byvoegende meertaligheid wat die status van die inheemse tale sal verhoog en die gemeensfcappe wat hierdie tale gebruik, sal bemagtig. Navorsing het getoon dat byvoegende meertaligheid kognitiewe ontwik-keling, linguistiese sensitiwiteit, divergente denke, en dies meer bevorder. Verder behoort dit ook tot voordeel van ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika te strek. Is door plek vir Afrikaans in 'n meertalige Suid-Afrika? Hierdie artikel oorweeg aan die hand van die getalle van huistaalsprekers in Suid-Afrika, die drie grootste tale in die provinsies van Suid-Afrika en die verspreiding van tale op die Lewenstandaardmeting of dit nodig is om Afrikaans te leer. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat Afrikaans 'n ekonomiese bate is wat nie verontagsaam kan word nie. Tersiëre inrigtings behoort 'n bewuswording van die talebestel aan te wakker deur studente in alle beroepsrigtings te konfronteer met die taalwerklikhede van Suid-Afrika. Daarbenewens moet studente bewus gemaak word daarvan dat hulle Afrikaans nodig het vir optimale professionele ontwikkeling.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics