Original Articles

TAALGEBRUIKBINNE 'N MULTIDIMENSIONELE KURRIKULUM VIR T2/T3-ONDERRIG OP TERSIÊRE ONDERWYSVLAK

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724394
Author(s): Anita de VilliersDepartement Afrikaans, ,
Keywords: ,

Abstract

Hierdie artikel het 'n tweeledige fokus. In die eerste plek word, aan die hand van drie modelle, 'n baie oorsigtelike bespreking gegee van die proses waardeur 'n relevante kurrikulum vir tweede-/derdetaalonderrig op tersiêre onderwysvlak ontwikkel kan word. Die doel is om aan te dui op watter wyse tersaaklike kontekstuele en sosiale inligting, asook 'n multidissiplinêre teoretiese fundering meewerk om die aard en inhoud van sodanige kurrikulum te bepaal. Die projek vir die ontwikkeling van 'n Afrikaans tweede-/derdetaalkurrikulum aan die Universiteit van Zululand word gebruik ter illustrasie van hoe enkele aspekte van kurrikulering op beide pragmaties en teoreties verantwoordbare wyse saamvloei in 'n multidimensionele kurrikulum. Hierdie bespreking fokus in die tweede plek op taalgebruik as teoretiese konsep en bring dit in verband met, aan die een kant, die kognitiewe prosessering van taalkennis en, aan die ander kant, die wyse waarop eksplisiete en implisiete taalkennis deur bemiddeling van 'n multidimensionele benadering tot die onderrigprogram, taalverwerwing kan fasiliteer.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics