Original Articles

Front vowel variation in tswana

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724404
Author(s): R. PretoriusDepartment of African Languages, South Africa, D.P. WissingResearch Unit for Phonetics and Phonology, South Africa, J.C. RouxResearch Unit for Experimental Phonology, South Africa,
Keywords: ,

Abstract

In hierdie artikel word gefokus op 'n verskynsel in Tswana waar 'n vokaal 'n duidelike kwaliteitsverandering ondergaan wat nie in die beskrywende literatuur erken word of as sodanig in die praktiese ortografie aangedui word nie. 'n Ouditiewe ondersoek na die fonetiese realisasie van die middellae voorvokaal /ε/ suggereer dat dit in verskillende morfosintaktiese omgewings as respektiewelik [ε] en as 'n hoe voorvokaal [i] gerealiseer word. Hierdie impressionistiese oordele is aan “n sistematiese akoestiese analise onderwerp en die resultate dui inderdaad daarop dat onderliggende /ε/ twee fonetiese realisasies het wat nie teweeggebring worddeur enige fonetiese of fonologiese kondisionering nie.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics