Original Articles

Tee acquisition of english aspirated stops by arab learners

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724406
Author(s): Daan WissingResearch Unit: Phonetics and Phonology, Rep. of South Africa, JohannL. van der WaltDept. of English, Rep. of South Africa,
Keywords: ,

Abstract

Akkurate en aanvaarbare uitspraak is baie belangrik in kommunikasie. Misverstande kan voorkom, en negatiewe houdinge teenoor nonmoedertaalsprekers kan ontstaan as gevolg van hulle uitspraak. Hierdie artikel ondersoek die moontlike bydrae wat 'n tegnologiese metode van uitspraakonderrig tot die onderrig en aanleer van uitspraak kan maak. Die CSL (Computerized Speech Lab) word hiervoor gebruik, en die fokus is op die produksie van die geaspireerde stemlose eksplosiewe van Engels. Hierdie metode word vergelyk met die tradisionele klaskamermetode. Die proefpersone was 'n groep Arabiese leerders van Engels. Arabies besit, anders as Engels, geen geaspireerde eksplosiewe nie, en is ook opvallend daarin dat die /p-b/-kontras afwesig is (slegs /p/ kom voor). Dit word gewoonlik aanvaar dat ekstensiewe ondervinding nodig is voordat aspirasie deur vreemdetaalaanleerders, soos Arabiere in hierdie geval, dit onder die knie kry. Die resultate van hierdie studie toon duidelik dat 'n tegnologiese hulpmiddel soos die CSL betekenisvol kan bydra tot die aanleer van uitspraak, en dit in 'n relatiewe kort periode.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics