Original Articles

Fifty ways to say ‘I do’: tracing the origins of unstressed do in Cape Flats English, South Africa

DOI: 10.1080/10118063.1999.9724524
Author(s): R. MesthrieDepartment of Linguistics, South Africa,
Keywords: ,

Abstract

Hierdie artikel handel oor die geskiedenis van die onbeklemtoonde do in Suid-Afrikaanse Engels met spesiale venvysing na hedendaagse gebruik op die Kaapse Vlakte. Die konstruksie is veral algemeen onder kinders, wat patrone gebruik soos Who did say that? en She did vomit. Die auxiliarum is onbeklemtoon (anders as die moderne standaard-gebruik). Dit bevat niks van die pragmatiek van 'n vermeende teen-presupposisie aan die kant van die aangesprokene nie—soos wat we1 die geval in standaard-Engels is. Die konstruksie is bekend aan ondenvysers, wat oor die algemeen 'n preskriptiewe perspektief huldig en dit uit hulle leerlinge se taalgebruik probeer weer. Daar bestaan ook die opvatting dat die onbeklemtoonde do van Afrikaans oorgedra is deur T2 kinders wat nie die Engelse verlede tyd kon baasraak nie. In hierdie artikel word aangetoon dat hierdie verklaring op wanopvattings berus en daar word na alternatiewe verklarings gesoek. Die uitdagendste van die alternatiewe is dat die onbeklemtoonde do 'n oorblyfsel is van ou norme in standaard-Engels wat teruggevoer kan word na baie eeue gelede. Die artikel ondersoek die geskiedenis van die konstruksie in verskillende variante van Britse en Suid-Afrikaanse Engels.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics