Original Articles

Therapist-client discourse as evidence of therapeutic constructs-in-action: the therapeutic styles of Rogers, Perls and Ellis

DOI: 10.1080/10118063.1999.9724523
Author(s): W.J. GreylingDepartment of English, South Africa, P.M. HeynsDepartment of Psychology, South Africa, K., G.F. EsterhuyseDepartment of Psychology, South Africa,
Keywords: ,

Abstract

Die doel van hierdie artikel is om aan te toon dat Berry se meervlakkige diskoersmodel gebruik kan word in 'n vergelykende analise van drie terapeutiese style (nl. Rogers, Perls en Ellis) ten einde die tipiese diskoerskenmerke van elk bloot te lê. Die drie terapeute se interaksies met Gloria is volledig getranskribeer, gekodeer ooreenkomstig Berry se model, en toe aan kruisvalidasie onderwerp. Die koderings is omgeskakel na proporsies vir die 45 (3x15) steekproewe diskoers, en die numeriese data vir die nege veranderlikes, dk1 (delayed primary knower), k1 (primary knower), k2 (secondary knower), k2f (secondary knower follow-up), pb (propositional base), pc (propositional completion), ps (propositional support), inisiëringskuiwe (a moves) en respons-skuiwe (b moves), is in 'n SAS-datastel ingesleutel. 'n ANOVA en die Scheffé toets is uitgevoer om te bepaal of die drie style statisties-beduidend van mekaar verskil. Die veranderlikes is toe onderwerp aan 'n stapsgewyse diskriminantontleding om lidmaatskap van die kriterium, psigoterapeutiese style (styl 1 = Rogers, 2 = Perls; 3 = Ellis) te bepaal. Die bevinding was eerstens, dat die verskille in die diskoers statisties-beduidend was vir die drie vlakke van die kriterium, en tweedens, dat k2, dk1, k1 en pc die beste voorspellers van terapeutiese style was.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics