Original Articles

Probleme opgelewer deur kulturele verskille vir vertalingsekwivalensie in Afrikaans-Russiese, en Russies-Afrikaanse tekste

DOI: 10.1080/10118063.1999.9724530
Author(s): Johan Lubbe, Suid-Afrika, Theo du Plessis, Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Aan die hand van konkrete voorbeelde van vertalings uit Russies in Afrikaans, en van Afrikaans in Russies word die probleme wat kulturele verskille tussen die sprekers van verskillende tale vir vertalers oplewer, bespreek. Twee algemene vertaalprobleme wat op dié problematiek betrekking het, naamlik die vertaalbaarheidsprobleem en die ekwivalensieprobleem, asook die begrip ‘kultuur’, die verhouding tussen taal en kultuur, en algemene kulturele probleme by vertaling, word almal in aparte afdelings in oënskou geneem. Ten slotte word 'n aantal voorbeelde van vertalings waar kultuurverskille probleme oplewer vir onderskeidelik Afrikaans-Russiese en Russies-Afrikaanse tekste ontleed.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics