Original Articles
Advertensiekommunikasie: 'n eiesoortige stel taalreëls vir 'n eiesoortige teks
DOI:
10.1080/10118063.1999.9724533
Abstract
Weens die unieke aard van advertensiekommunikasie blyk dit onmoontlik te wees om 'n raamwerk te verskaf vir die beoordeling van effektiewe advertensiekommunikasie. Gevolglik kan 'n analitiese benadering waarin die ko-operatiewe beginsel of die standaarde van tekstualiteit gebruik word nie normatief of voorskriftelik aangewend word nie. In die artikel word 'n verskeidenheid geskrewe Afrikaanse advertensietekste gebruik in vergelyking met ander daagliks geskrewe kommunikasie. Dit is die hoofdoel van advertensiekommunikasie om die houding van die leser te verander, dus in ooreenstemming te bring met dié van die sender. Hoe bepaalde inligting gekommunikeer word, is dus van kardinale belang. In dié artikel gaan daar vanuit 'n semantiese, pragmatiese, sintaktiese en morfologiese perspektief gekyk word na die taalmeganismes tot beskikking van die kopieskrywer ten einde onder andere houdingsverandering te bewerkstellig. Dit wil verder voorkom asof daar herhaling is in terme van die soort taalmeganismes wat gebruik word in Afrikaanse advertensies, wat tot die aanname lei dat mense opgelei kan word in die gebruik van die meganismes.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics