Original Articles

Die invloed van Afrikaans op Phuthi

DOI: 10.1080/10118063.1999.9724534
Author(s): Attie Coetser, Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

Phuthi is 'n taal wat deur sowat 18 000 tot 28 000 mense gepraat word wat verspreid woon in die Drakensberge op die grens tussen Lesotho en die Oos-Kaap, en in verskeie distrikte in die noordelike dele van die voormalige Transkei. Hoewel dit 'n eie, goedontwikkelde grammatikale struktuur het, bestaan Phuthi uit 'n beduidende aantal leksikale items uit Xhosa, Suid-Sotho, Swati, Zulu, Qwabe, Baca, Engels en Afrikaans. Hierdie artikel wil vasstel wat die aard van die ontlenings aan Afrikaans in Phuthi is en van die kenmerke identifiseer wat die ontlening uit Afrikaans fasiliteer.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics