Original Articles
GROEPERING
DOI:
10.1080/04966740.1976.10587970
Abstract
Die generatiewe grammatika het hom, veral in die beginjare, nie veel aan groepering gesteur nie. Aanvanklik is daar taamlik kritiekloos op die fondament van die onmiddellikestuk-ontleding voortgebou soos dit deur die strukturaliste voorgestel is. Die kritiek wat die transformasionaliste uitgespreek het, was gemik nie op die strukturaliste se ontleding van groepering nie, maar op hulle gebruik daarvan in 'n bepaalde soort grammatika, die “phrase-structure grammar”. Dit het dus om die tekortkominge van “phrase-structure grammar” gehandel. Dié soort bespreking van groepering as verskynsel, soos dit reeds by Bloomfield aangetref word, het veral in die beginjare van die transformasionele grammatika grotendeels ontbreek. Gaandeweg het transformasionaliste egter wel met groeperingsverskynsels gemoeid geraak. Dit sal in hierdie voordrag gaan om aan te toon hoeveel oënskynlik heeltemal onafhanklike kwessies en probleme op groepering teruggevoer kan word. Onder andere sal daarop gewys word dat die X-balk-konvensie, Ross se eilandperke, Postal se ontleding van “Raising”, en Ross se “pruning”-beginsel almal wesenlik met groepering te doen het.
Get new issue alerts for Taalfasette