Original Articles
BETEKENISKONSTRUKSIE EN TEKS—'N EMPIRIESE ONDERSOEK
DOI:
10.1080/10118063.2000.9724553
Abstract
Die hoofdoel van die artikel is om toon hoe 'n rasioneel-sluitings-tegniekmetode as n toetsinstrument gebruik kan word om te bepaal in watter mate lesers bewus is, en strategies gebruik maak van kohesiemiddele in die betekeniskonstruksie van teksinhoud. Die toetsmateriaal is ontwikkel deur die woorde wat lokaal op sinsvlak en ook sinsintern 'n semantiese relasie vorm uit 'n akademiese teks weg te laat. As sodanig is die respondente gedwing om hoofsaaklik van 'n opgaande leesproses gebruik te maak, en ook om staat te maak op kohesiemiddele in die verskaffing van die weggelate informasie. Om vas te stel in hoe 'n mate die respondente van die gegewe tekstuele merkers in samewerking met hulle bestaande linguistiese en wĂŞreldkennis gebruik gemaak het in die betekeniskonstruksieproses, is die verwagte en die werklike response met betekeniskonstruksieproses, is die verwagte en die werklike response met mekaar vergelyk. Die toetsresultaat toon eerstens dat die merkers van semantiese relasies op lokale of sinsvlak meestal effektief aangewend is, terwyl daardie merkers wat informasie, soos 'n verandering in die argumenteringslyn van die teks aandui, en wat oor groter tekseenhede heen strek, die effektiefste lesers duidelik van die res van die ondersoekgroep onderskei het. Tweedens is vasgestel dat die rasioneel-sluitings- tegniektoets 'n waardevolle meganisme is aan die hand waarvan 'n leser se strategiese aanwending van kohesiemiddele in die betekeniskonstruksieproses bepaal kan word.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics