Original Articles

LEKSIKALE KOHESIE, HOEY EN SHAKESPEARE IN AFRIKAANS

DOI: 10.1080/10118063.2000.9724555
Author(s): A Kruger Departement Linguistiek (Vertaalkunde), ,
Keywords: ,

Abstract

Deskriptiewe vertaalkunde verskaf 'n breë raamwerk vir vertaalkritiek, maar een van die probleme wat die hedendaagse vertaalkritikus ondervind, is dat daar nie toereikende instrumente is vir die ontleding van brontekste en hul vertalings nie. Metodologies word navorsers derhalwe gedwing om sodanige instrumente by ander dissiplines, soos die tekslinguistiek, te gaan leen. In hierdie artikel word aangetoon hoe Michael Hoey (1991) se bindingsmodel aangepas en aangewend is om leksikale kohesie in twee soorte vertalings van Shakespeare se ‘The Merchant of Venice’ te ondersoek en te meet.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics