Original Articles
Translating The Signifier - A Text-Linguistic Analysis
DOI:
10.1080/10118063.2000.9724559
Author(s):
Kim Wallmach Dept of Linguistics (Translation Studies), ,
Abstract
In hierdie artikel kom teksanalise in vertaling onder die invloed van dekonstruksie aan die bod, met spesiale verwysing na vier Frans- Kanadese feministiese tekste en hul vertalings in Engels. Frans- Kanadese feministiese skrywers maak uitvoerig gebruik van woordspel ten einde te illustreer dat taal as teken van andersoortigheid (âdifferenceâ) kan optree. Hierdie praktyk het daartoe gelei dat feministiese vertalers soos Barbara Godard uitsprake maak dat vertaling vir âvormâ, oftewel die betekenaar, voorkeur geniet bo konvensionele vertaalpraktyk in feministiese vertalings. In die lig van hierdie vertalers se doelwit, wat duidelik daarop gemik is om 'n andersoortige ketting van betekenaars in vertaalde tekste te skep, en dus vir vorm eerder as inhoud of betekenis te vertaal, is dit nie moontlik om 'n kortvensionele kontrastiewe analise wat betekenis tussen hierdie soort tekste en hul vertalings vergelyk, uit te voer nie. Aspekte van die tekslinguistiek kan egter ingespan word om rekenskap te gee van die besondere soort tekstuele verbande wat in feministiese/dekonstruktiewe tekste en hul vertalings aangetref word. Die kategoriee wat vervolgens gebruik is om netwerke van betekenaars in verskillende tekste na te trek, is gebaseer op Hoey (1991) se model van kohesiepatrone in tekste. Die tipe raamwerk verskaf die nodige basis waarop 'n vergelyking van twee tekste wat dus nie voorkeur gee aan âsoortgelykheidâ nie, maar ook âandersoortigheidâ in vertaling aandui, kan plaasvind. Sodoende word dit moontlik om aan te toon hoe leksikale kettings in beide bron- en doeltekste gevorm word ingevolge netwerke van betekenaars wat in totaal of ook gedeeltelik, op vorm steunâsonder om 'n te rigiede onderskeid tussen vorm en betekenis te maak.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics