Original Articles

Language as a deep semiotic system and fluid intelligence in language proficiency

DOI: 10.1080/10118063.1997.9724099
Author(s): R. GamaroffDepartment of English Studies and Comparative Literature, Republic of South Africa,
Keywords: ,

Abstract

Die konsep ‘fluid intelligence’ en die beskouing van taal as 'n diep semiotiese representasiesisteem word ondersoek. Ver-skeie moderne opvoedkundige sielkundiges beskou ‘fluid intelligence’ as 'n sentrale konsep in die studie van kognitiewe vaardighede, veral in soverre dit manifesteer in intelligensietoetse en akademiese prestasie. Die diep semiotiese representasiesisteem inkorporeer die totale lewe van die mens in al sy gedagtes, gevoelens en aktiwiteite. Oller poog om 'n stewige teoretiese basis daar te stel ter ondersteuning van die hipotese dat intelligensie 'n vorm van semiotiese representasiekapasiteit is. Die artikel ondersoek die verhouding tussen die diep semiotiese representasiekapasiteit, ‘fluid intelligence’ en taal-vaardigheid. Die verband tussen kognitiewe en akademiese taalvaardigheid en intelligensie word ook ondersoek.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics