Original Articles

Die optimaliteitsteorie: 'n resente ontwikkeling in die generatiewe fonologie

DOI: 10.1080/10118063.1997.9724106
Author(s): Johan LubbeDepartement Algemene Taalwetenskap, Republiek van Suid-Afrika,
Keywords: ,

Abstract

In die standaardmodel van die generatiewe fonologie is fonologiese reëls uiters kragtige meganismes, en die fonologieteo-rie het moontlikhede gebied om ook ‘onmoontlike’ fonologiese reels te postuleer. Een oplossing vir die probleem is gevind in die formulering van beperkinge. In hierdie artikel word agtereenvolgens die kragtige aard van die generatiewe reëls aangetoon, 'n historiese oorsig van die nosie ‘beperking’ gegee, die Optimaliteitsteorie (OT) se voorstelle vir 'n beperkende teorie uiteengesit, en aan die hand van McCarthy se empiriese argumente vir oppervlakte-oortredings die superioriteit van 'n OT-benadering aangetoon.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics