Original Articles

DIE WAARDE VAN DIE RETORIKA BY DIE BESTUDERING VAN ADVERTENSIES

DOI: 10.1080/10118063.1998.9724391
Author(s): Dorothea van ZylDepartement Afrikaans en Nederlands, ,
Keywords: ,

Abstract

Hoewel die retorika bykans 26 eeue oud is, word die relevansie daarvan vir ons eie tyd toenemend besef soos blyk uit die kragtige en omvattende “rhetorical (re)turn” die afgelope dekades in Amerika en elders. Die retorika verskqf inderdaad ook in ons tyd steeds 'n sleutel tot die wyse waarop mense dink, argumenteer en oorreed, aangesien hedendaagse sprekers en skrywers, gebore en getoë binne 'n klassiek-Westerse tradisie, steeds (bewustelik en onbewustelik) teruggryp op dieselfde konvensionele tipe strategieë. Sterk oorredende (massa)media soos advertensies vorm 'n goeie oefenterrein vir die tipe strategiese denke wat met die retorika gepaardgaan. Retoriese analise, waar die effek van onder meer sententiae, exempla, nie-tegniese en tegniese oorredingsmiddele ondersoek word, voeg binne Mediakunde heelwat waardevolle perspektiewe toe tot huidige benaderings. Die uiteindelike gebruikskundige waarde van die retorika by die bestudering van die media is nie alleen geleë in die herkenning van strategieë sodat lesers/verbruikers nie op sleeptou geneem word nie, maar ook in die kennismaking met en toepassing van oorredingstrategieë in die opskerping van die student se eie retoriese vermoëns.

Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics