Original Articles
DIE ONDERRIG VAN KOLLOKASIES AAN NIEMOEDERTAALSPREKERS BINNE DIE SUID-AFRIKAANSE TERSIÊRE KONTEKS
DOI:
10.1080/10118063.1998.9724392
Author(s):
Anna, Nel OttoDepartement Afrikaans, Republiek van Suid-Afrika,
Abstract
In hierdie artikel word antwoorde op drie vrae met betrekking tot die onderrig van kollokasies aangebied: (a) Behoort kollokasies aan nie-moedertaalsprekers onderrig te word? (b) Watter kollokasies behoort onderrig te word? (c) Hoe behoort kollokasies onderrig te word? In die artikel word geargumenteer dat kollokasies wel onderrig behoort te word. Hierdie argument is veral gebaseer op die sienings van Bahns (1993) en Gough (1996). Bahns stel 'n kontrastiewe benadering voor, wat impliseer dat die getal kollokasies wat onderrig word, verminder en dat gekonsentreer word op daardie kollokasies wat weens moedertaalinvloed verkeerdelik gebruik kan word. Hierdie benadering vereis dat studente eers bewus gemaak moet word van die konsep “kollokasie “. In die tweede fase word van studente verwag om self kollokasies te identifiseer. Om hiermee sukses te behaal, glo Bahns dat oefeninge gedoen behoort te word. Hy stel drie tipes oefeninge voor wat bespreek sal word. Bahns beklemtoon ook die feit dat studente se kennis van kollokasies getoets behoort te word. Gough (1996) is nie ten gunste van 'n streng teoretiese benadering nie; sy benadering is eerder leerdergesentreerd en fokus op kontekstuele vervanging.
Get new issue alerts for South African Journal of Linguistics